SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

ROOI JAN REEKS - APB BOEKE

Die Rooi Jan reeks speel af gedurende die Groot Trek. Die hoof karater in die storie is Rooi Jan wat kragtig gebou is soos 'n wafferse Tarzan homself. Hy is slegs bewapen met 'n vlymskerp jagmes, vuurslag, tonteldoos en 'n gebreide osriem oor sy linker skouer en om sy bolyf gedraai. Saam met hom is 'n grysvaal hond met die naam van Leeu asook sy glimmende swart hings genaamd Blits. Sedert Rooi Jan vir Jeanette gered het uit die greep van inboorlinge is hulle onafskeidbaar saam op soek na aksie en avontuur. Hulle beleef dan ook die een na die ander baie interessante ondervinding. Hulle moet byvoorbeeld jong Trekkers wat geheimsinnig verdwyn het weer opspoor, 'n eienaardige vrekte onder die Trekkers se vee ondersoek en raak hulle ook op 'n keer deurmekaar met wapensmokkelaars. Dit en vele ander gevare moet hulle trotseer en soms wonder mens of hulle ooit lewendig ander kant gaan uitkom. Niemand hou egter rekening met die krag, moed en verstand van Rooi Jan nie, want hy is nie verniet di e Trekkers se bobaas spioen en ook 'n kranige leier van die Trekkers nie.

Die Rooi Jan reeks het baie gou die verbeelding van sy, veral jonger lesers aangegryp, alhoewel baie mense en veral die ouer geslag nie baie ooghare gehad het vir die betrokke reeks nie. Ten spyte daarvan is die reeks verskeie male uitgegee gedurende die vyftiger tot die tagtiger jare en seker die meeste kere herdruk van alle reekse. So ver vasgestel kon word, vier maal in totaal. Die hele reeks was egter nie elke keer uitgegee nie. Die eerste twee maal was slegs die eerste 24 boeke van die totaal van 40 boeke uitgegee, later is die reeks uitgebrei met 'n verdere 16 boeke en met die laaste uitgawe in die tagtiger jare, is net 32 van die 40 boeke weer uitgegee deur Sirkel Publikasies.

Casper H. Marais (Reinhard Hendriks) het die reeks geskryf en baie gou groot gewildheid verwerf met die betrokke reeks. Rooi Jan boeke is vandag hoog in aanvraag en feitlik onmoontlik om nog op te spoor, weens die gesogtheid daarvan by sagteband versamelaars en ook ander belangstellendes in die gegewe reeks. Vergeleke met die oorspronklike volgorde is die Sirkel uitgawes baie deurmekaar uitgegee en is van die titels ook verkort. Kyk gerus na "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 24 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

24 Items
#1 Die skrik van kafferland

Die skrik van kafferland

Casper H. Marais 1946
#2 Die wreker

Die wreker

Casper H. Marais 1946
#3 Die noodroep uit die oerwoud

Die noodroep uit die oerwoud

Casper H. Marais 1946
#4 Die ivoorjagter

Die ivoorjagter

Casper H. Marais 1946
#5 Die rooilem-moordenaars

Die rooilem-moordenaars

Casper H. Marais 1947
#6 Die heilige grot

Die heilige grot

Casper H. Marais 1947
#7 Rooi Jan en die rowers

Rooi Jan en die rowers

Casper H. Marais 1947
#8 Deur vloedwaters en vlamme

Deur vloedwaters en vlamme

Casper H. Marais 1947
#9 Die vloek van Grootrivier

Die vloek van Grootrivier

Casper H. Marais 1948
#10 Die dag van afrekening

Die dag van afrekening

Casper H. Marais 1948
#11 Die swart kommando

Die swart kommando

Casper H. Marais 1948
#12 Rooi Jan in die leeu kuil

Rooi Jan in die leeu kuil

Casper H. Marais 1948
#13 Slaags met 'n gruwelbende

Slaags met 'n gruwelbende

Casper H. Marais 1948
#14 Jagters van die wit hart

Jagters van die wit hart

Casper H. Marais 1948
#15 Die gifdraers

Die gifdraers

Casper H. Marais 1948
#16 Die swart arend

Die swart arend

Casper H. Marais 1949
#17 Die skedeldraers

Die skedeldraers

Casper H. Marais 1949
#18 Nag van onheil

Nag van onheil

Casper H. Marais 1949
#19 Skeur van die dood

Skeur van die dood

Casper H. Marais 1949
#20 Maanhaar van die berge

Maanhaar van die berge

Casper H. Marais 1949
#21 Rooi Jan en die vampiere

Rooi Jan en die vampiere

Casper H. Marais 1950
#22 Die swart boesmans

Die swart boesmans

Casper H. Marais 1950
#23 Die wit mamba

Die wit mamba

Casper H. Marais 1950
#24 Heerser van die oerwoud

Heerser van die oerwoud

Casper H. Marais 1950